English
Wegbreek Kat Hotel
  • Welkom
  • Oor Ons
  • Tariewe en Besprekings
  • Galery
  • Kontak Ons

Oor Ons


Akkomodasie

Ons Kamers

Ons Kat Hotel spog met 6 kamers, 3 Hutte met ‘n wildtuin tema en 3 Cabanas met ‘n Hawai tema.

Daar is 2 familie kamers wat 2-3 katte kan huisves. Katte is binneshuis met ‘n pragtige tuin uitsig. Gaste kamers is gemaklik, ruim en snoesig met genoegsame slaapplek. Elke kamer is met ondeursigtige net uitgevoer om privaatheid te verseker. Geen van ons gaste word forseer om aan interaksie deel te neem nie….. Ons speel area is in ‘n vreedsame en veilige tuin waar kattekruid welig groei. Die tuin het 24 uur toegang tot die kamers wat ook onder 24 uur kamera toesig is. Die speel area is ten volle toegerus met stimuleerende en interaktiewe speelgoed.

Akkomodasie

Gesondheid en Veiligheid:

Elke kamer word tenminste 2 maal per dag skoongemaak of soos benodig aangesien higiene en netheid vir ons ‘n top prioritet is. Daar is tenminste 1 kat sand bak beskikbaar per kamer maar meer kan bygevoeg word indien dit ‘n familie groep is.

Om te verseker dat al ons gaste gesond is en bly gedurende hul besoek aan Wegbreek kat hotel, vereis ons dat al ons gaste se inentings op datum is of tenminste 1 WEEK VOOR hul besoek ten volle ingeënt word. Ontwurming en vlooi en bosluis behandeling vooraf is ook ‘n vereiste. Bring asb ‘n geldige inentings boekie saam wanneer jou kat kind ingeboek word.

Al ons gaste moet asb in ‘n kat draer mandjie gebring word, ons beskik oor genoegsame spasie om die kat draer veilig te bewaar tot ons gaste vertrek.

Akkomodasie

Gaste met spesiale vereistes…

Ons Senior Kat gaste is welkom om hul eie daaglikse medikasie saam te bring.
Medikasie sal volgens voorskrif gegee word en rekords daarvan sal gehou word.
Dui asb duidelik aan op u bespreking indien die gas spesiale vereistes bv.  Medies, dieët ens het!
Al ons gaste word daagliks geborsel as deel van ons ingeslote bederf pakket.

 

Akkomodasie

Spyskaart - behoeftes:

Ons gaste word 2 maal per dag gevoer, of volgens elkeen se behoeftes en kry net die beste veearts goedgekeurde droë kat kos (Royal Canin of Hills) sagte snoep happies word eenmaal per dag as ‘n bederfie gegee. Indien u kat kind ‘n spesifieke kos verkies is u welkom om dit saam te bring. Vars gefiltreerde water is altyd beskikbaar.  

Al ons gaste word met aankoms en vertrek geweeg om te verseker hul het nie gewig of kondisie verloor gedurende hul verblyf nie.

Wegbreek Kat Hotel
English
Contact Details
  • Wegbreek Kat Hotel
  • Cornè Steenkamp
  • 079 900 7230
  • info@wegbreekkathotel.co.za
Pages
  • Welkom
  • Oor Ons
  • Tariewe en Besprekings
  • Galery
  • Kontak Ons

Copyrights © Wegbreek Kat Hotel
Privacy Policy | Disclaimer
Designed by DANNEL WEB DESIGN